Koning (skaak)

'n Koning in die standaard Staunton-ontwerp

Die Koning (, ) is die belangrikste stuk in skaak. Die doelwit van die spel is om die teenstander se koning in skaakmat te plaas. Indien 'n speler se koning direk deur 'n teenstander se stuk bedreig word is dit in skaak en moet die speler onverwyld 'n ontwykende skuif uitvoer. As die speler nie uit skaak kan kom nie is hy in skaakmat en verloor hy die spel.

Die spel waaruit moderne skaak ontwikkel het, sjatrandj, het 'n ekwivalente stuk gehad wat die Sjah genoem is. Die nog ouer spel sjatoeranga het weer 'n ekwivalente stuk genaamd die Raja gehad. Die skaakvariante shogi, makruk, chiangtsi en janggi het ook almal soortgelyke stukke. Die feit dat 'n oorwinning in skaak afhang van die lot van 'n enkele stuk, die koning, onderskei dit van meeste ander bordspele.[1]

  1. Sports and Games of the Ancients. deur Steve Craig. (Westport, CT and London: Greenwood, 2002, pp 171

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search